Wednesday, June 16, 2010

Dag 6, Lusaka tot Mfuwe

Ons staan in die donkerte op, gelukkig is daar spreiligte wat brand.Vandag gaan ons ry tot by die Wildlife camp naby die South Luangwa park. Daar is geen publieke kampplekke binne in die park nie, net lodges en dis hopenlooslik te duur vir ons. Hoe ondervind 'n mens dan die wildernis gevoel binne in 'n lodge.

Ons eerste stop was net voor die brug oor die Luangwa rivier waar ons 'n sak houtskool koop. Ons was nie seker hoe die hout gaan lyk wat ons moontlik teen die pad sou kon koop nie en ek verkies ook om eerder op houtskool te braai en dan daarna vuur die maak met die orige hout.

Ons volgende stop was net aan die ander kant van die brug, waar ons toe sommer ontbyt langs die pad eet. Daar was nie vanoggend kans om ontbyt te maak by Pioneer kamp nie. Die pad se kondisie is toe nie so goed soos wat die bar man die vorige aand verduidelik het nie. Gelukkig was daar min slaggate maar die oppervlak van die teer pad het gevoel soos 'n sinkplaat, veral net anderkant Petauke.

In Chipata gaan ruil ons geld by die bank en maak toe die voertuie vol brandstof. Ons was nie seker of ons iewers weer brandstof sou kon kry voordat ons weer terug is by Chipata nie. Daar behoort seker brandstof by Mfuwe te wees, waar anders maak die park en ook die toeriste hulle voertuie vol brandstof.

Die eerste 40km van die pad na South Luangwa werk hulle alreeds aan. Bleikbaar moet die hele 100km na South Luangwa teen 2012 voltooi te wees. Sal maar dan moet kom kyk hoe lyk dit. Dele is daar pad verleggings en dan begin die sinkplaat, klipperige deel van die pad. Die 100km na South Luangwa voel soos 'n ewigheid. Poen laat weet oor die radio dat hy 'n papwiel het, hy is sommer dadelik die hel in vir sy bande. Ek het dadelik vir hom gesĂȘ dat as daar iemand 'n papwiel kry sal dit of ek of hy wees, ek het dan die laaste papwiel wat ons saam gekry het op die pad na Jamaka in die Cederberg gekry.


Slegte grondpad vol klippe tussen Chipata
en South Luangwa Park.
Sekere dele ry 'n mens sommer langs die pad.
 Nadat die spaarwiel opgesit is ry ons die laaste paar kilometer na Mfuwe, ons kom net so voor skemer daar aan. Ons ry reguit na die Wildlife campsite en gaan bespreek vir ons plek vir die volgende paar dae.


Die Wildlife kamp het nie heinings om nie en volgens die bestuurder is daar gereeld 'n paar olifante wat daar rondloop.Die kampplek is reg langs die Luangwa rivier. Die aand nadat ons almal in ons tente is, kom stap daar 'n alleenloper jong olifant deur die kamp en vreet aan die bome.