Monday, June 21, 2010

Dag 11, Chipata tot Senga Bay

Vandag hoef ons net so rofweg 300km te ry tot by Senga Bay, maar ons moet eers deur die Zambiese en Malawi grenspos gaan. Laas toe ons hier was, was dit nie 'n probleem nie.

By die Zambiese grenspos wou baie straathandelaars net ons geld ruil vir Malawi Kwachas, maar gelukkig het ons die al gisteraand in Zambiƫ gedoen. Daar is 'n bank toonbank binne die Zambiese grenspos wat seker sal help om nie geld ontwettig te ruil nie, sal dit maar moet onthou vir die toekoms.

Sonder enige probleme is ons deur beide grensposte Malawi binne. Ons eerste stop is in Lilongwe waar ons by verskeie garages nie brandstof kon kry nie. Na die derde garage kry ons darem toe diesel by die Petronas garage soos 'n mens inkom vanaf Chipata.

Nadat ons die voertuie vol brandstof gemaak het gaan doen ons eers die nodige aankope om ons voorrade aan te vul by die groot Shoprite in Lilongwe. Ons gaan nie weer vinnig naby 'n Shoprite wees nie. Langs die Shoprite was daar 'n apteek waar ons navraag gedoen het oor pille vir Bilharzia, verskeie mense het ons gewaarsku oor swem in Lake Malawi. Volgens die apteker hoef ons eers 4 weke nadat ons geswem het die pille te gebruik. Ons besluit toe om maar terug in Suid Afrika, die nodige pille te kry.

Ons kom so teen 15:00 se kant by Senga bay aan waar ons eers by die stalletjies langs die pad stop wat kunswerke verkoop. Ons sal die volgende dag weer daar verby kom en kyk maar eers na wat daar was.


Padstal met kunswerk net voor Senga Bay
Nadat ons klaar rondgekyk het en kunswerk gekoop het, ry ons na die Livingstonia Beach Hotel waar ons gaan kamp by Steps Restcamp. Daar was gelukkig vir ons baie plek, ons was maar een van 3 groepe daar. Die kampplek het wit sand en is reg langs die Malawi meer. Daardie aand begin waai daar 'n verskriklike sterk wind. Bleikbaar is daardie deel van die meer maar baie bekend vir se wind.

Steps Restcamp, Livingstonia Beach Hotel,
Senga Bay
Steps Restcamp, Livingstonia Beach Hotel, Senga Bay
Kyk net die lekker strand en kroeg.
Die kampplek is apart van die lodge.
Groepsfoto by Lake Malwi. Waar is Cecile?
Die geriewe is maar oud, lyk tipies soos staats hospitaal maar is darem skoon. Laas het ons by Cool Runnings gebly, ons het toe besluit dat ons in die toekoms Livingstonia Beach Hotel sal uitprobeer. Ek glo nie ons sal weer hier by Senga Bay kom bly nie, miskien net oornag. Volgende keer sal ons eerder maar langer by Monkey Bay wat wel baie klein en gewoontlik vol is bly, die wind is baie stiller daar.