Friday, June 18, 2010

Dag 8, Mfuwe

Vanoggend staan ons vroeg op, maak koffie en ry na die park. Ons sal maar in die park gaan ontbyt eet. Soggens vroeg is die beste tyd om diere te kyk. Ons permit het ons toegelaat om nog tot 11:00 nog rond te ry in die park.

Ons ry na een van die rivierlope waar ons vir 'n tyd sit en kyk hoe die bobejane hulle vermaak. Die weer bly toe getrek, ons het maar gehoop dit kom reën nie.

Op soek na vlooie, seker maar honger?
Ou nuuskierig!!
Ons ry net voordat ons uit die park moet wees, terug na waar ons die vorige dag die klomp leeus gesien het, maar daar was nie eers een been van die buffel oor nie. Dit wat die leeus en die aasvoëls seker nie wou of kon eet nie, moes die hiënas seker die dag gevreet het.

Moederliefde
Terug by die kamp het ons rustig gaan sit teen die rivier, ons wil weer so 15:30 se kant ry om 16:00 by die hek te wees. As ons nou permit koop gee dit ons kans om nog tot die volgende dag 16:00 in die park te wees.

Ons plan was om al langs die rivier te ry en kyk na die seekoeie. Dis seker die park met die meeste seekoeie, selfs in die Chobe en Moremi het ons nie so baie gesien nie.

Ons ry toe na die ou vliegveld, iemand het daar ook bleikbaar leeus gesien. Ongelukkig was daar nie leeus nie. Ons ry toe met 'n ander pad terug na die hoofhek.

Mooi ou kremetart in die sonsondergang.
Droë pan met ou boomstompe.

Dit het nou alreeds skemer begin raak en die hek sluit 18:00. Mense wat laat kom by die hek na toemaak tyd, kry gewoontlik 'n boete.