Saturday, June 19, 2010

Dag 9, Mfuwe

Ons ry vanoggend so 07:00 se kant na die hek, vandag gaan ons die hele dag tot 16:00 in die park spandeer. Ons permit laat ons net toe om tot 16:00 te bly. Dit gaan ook ons laaste dag in die park wees.

Ons ry weer al langs die rivier op tot by 'n lekker plek met hoƫ walle waar ons middagete sit en eet en kyk na weereens nog 'n groot trop seekoeie.

Kyk net hoe baljaar hulle.
Ou groot bek.
Na middagete ry ons met 'n pad wat 90 grade weg van die rivier loop dieper die park in. Die pad is maar toe gegroei, hier ry nie baie voertuie rond nie. Ons kan verstaan hoekom hier nie so baie voertuie is nie, die bosse is te ruig, mens sal nie die diere sien nie. Na wat 'n ewigheid gevoel het, en ook 'n paar keer op verkeerde tweespoor paaie kom ons by 'n droe sanderige revierloop uit. Hier was darem 'n paar olifante.

Een van die min troppe olifante
wat ons gesien het.
Kyk die parmantige meneer.
Ou boom wat oor die pad groei.
Ek sal nie hierdie pad vir enige besoeker wat baie wild wil sien aanbeveel nie.

Terug by die kamp besluit ons dat ons die volgende dag net gaan ry tot by Chipata en nie soos beplan is tot by Senga Bay nie. Dit is Sondag en daar sal nie banke oop wees waar ons kan geld ruil nie.

No comments:

Post a Comment