Thursday, January 21, 2010

Ons beplanning

Dis weer daardie tyd van die jaar, ons is besig met die beplanning vir ons Junie/Julie vakansie trippie. Hopenlik sal ek darem hierdie keer nie net fotos neem nie, maar darem ook 'n dagboek hou. Ons slaapplekke is 95% gefinaliseer. Ek is nog net nie seker van wat om te doen tussen Francistown en Livingstone nie. Die een opsie is om deur Zimbawe te ry, maar dis 'n duur opsie. Die ander opsie is om by Kazungula met die pond oor te gaan, maar dit kan weer 'n lang wag wees. Met ons vorige ekspidisie was ons baie gelukkig om binne 1 uur deur beide grensposte te gaan. Ons was vroeg daar, waar ons nou op Francistown gaan slaap en dan laterig die middag by die pond gaan wees. Ek kyk ook om miskien eerder by Kasane te slaap, wat sal beteken dat ons aanvanklike roete miskien bietjie aangepas moet word.

Ons trip se roete is soos volg:
11 Junie 2010 Vrydag Stellenbosch na Vryburg
12 Junie 2010 Saterdag Vryburg na Francistown
13 Junie 2010 Sondag Francistown na Livingstone
14 Junie 2010 Maandag Livingstone
15 Junie 2010 Dinsdag Livingstone na Lusaka
16 Junie 2010 Woensdag Lusaka na Mfuwe
17 Junie 2010 Donderdag Mfuwe
18 Junie 2010 Vrydag Mfuwe
19 Junie 2010 Saterdag Mfuwe
20 Junie 2010 Sondag Mfuwe na Chipata
21 Junie 2010 Maandag Chipata na Senga
22 Junie 2010 Dinsdag Senga na Nkopola
23 Junie 2010 Woensdag Nkopola
24 Junie 2010 Donderdag Nkopola
25 Junie 2010 Vrydag Nkopola na Nampula
26 Junie 2010 Saterdag Nampula na Pemba
27 Junie 2010 Sondag Pemba
28 Junie 2010 Maandag Pemba
29 Junie 2010 Dinsdag Pemba na Nacala
30 Junie 2010 Woensdag Nacala
01 Julie 2010 Donderdag Nacala na Caia
02 Julie 2010 Vrydag Caia na Gorongosa National Park
03 Julie 2010 Saterdag Gorongosa National Park
04 Julie 2010 Sondag Gorongosa National Park na Vilanculos
05 Julie 2010 Maandag Vilanculos na Inhambane
06 Julie 2010 Dinsdag Inhambane
07 Julie 2010 Woensdag Inhambane na Xai-Xai
08 Julie 2010 Donderdag Xai-Xai na Polokwane
09 Julie 2010 Vrydag Polokwane na Colesberg
10 Julie 2010 Saterdag Colesberg na Stellenbosch

No comments:

Post a Comment