Wednesday, June 23, 2010

Dag 13, Nkopola

Vandag gaan ons net rustig teen die meer wees terwyl Geno gaan kyk of hy se bakkie kan regmaak. Geno maak toe kontak met 'n garage in Limbe, dis baie naby Blantyre wat Isuzu's regmaak. Blantyre is so 200km van waar ons gebly het, maar was die enigste plek wat Geno kon help.

Die oggend vroeg ry Geno toe Limbe toe. Ons het eers sy daktent afgehaal vir Janine en Roxi om in te slaap, Geno was nie seker of sy bakkie met die tent in die garage so kon in nie. Sy plan was ook om iewers in Blantyre in 'n hotel te bly totdat hulle die bakkie reg het. Gelukkig was daar darem parte.

Ons het lekker ontbyt gemaak en rustig gesit en ontspan. Die lodge se werkers was besig om die kampplek netjies te maak vir 'n boot regatta wat oor 'n tyd daar gehou gaan word. Die werkers het die groot klippe wat vlak in die water was uitgehaal en ook die grond netjies gehark. Van hulle het in die palm bome geklim en toe vir ons van die kokos neute aangebied. Dit was vir ons almal 'n ondervinding om vars kokosneut sap te drink. Die proe na suiker water, ons sal seker nie te veel daarvan kan drink nie.

Yvette besig om te ontspan.
Ek en Yvette by Lake Malawi.
Janine keeping her busy as always!!!
Roxi looking after the money matters.
Hulle maak al weer planne wat om te eet.
Later die oggend kom maak die man met die boot by ons 'n draai. Die boot lyk darem in 'n redelik kondisie. Poen se voorwaarde was dat hy die boot wil bestuur. Dit help hom om nie seesiek te word nie. Ons spreek toe af nadat ons oor 'n prys ooreengekom het dat die man ons die volgende dag so 10:00 se kant kom haal. Die rit na die eiland waar ons wil gaan duik sou so 2 ure neem soontoe en terug met die duik ingesluit.

Die res van die dag het ons maar net daar in die kampplek spandeer en bietjie gaan kyk na sokker op die TV in die kroeg van die kampplek.

No comments:

Post a Comment