Tuesday, June 15, 2010

Dag 5, Livingstone tot Lusaka

Ons gaan vandag ry tot by Lusaka en dan in die Pioneer kamp bly, dis op die pad South Luangwa toe. Die vorige kere wat ons in Lusaka was, het ons in die Eureka kamp gebly. Die volgende dag wanneer ons South Luangwa toe ry, wil ons nie weer deur Lusaka in die kwaai verkeer ry nie, dus hoekom ons bly by Pioneer kamp.

Toe ons 3 jaar gelede die pad tussen Lusaka en Livingstone gery het, was hulle al besig om hope gruis af te laai vir die herstel van die pad. So, met groot hoop dat ons op 'n nuwe pad so ry, is ons toe Lusaka toe. Maar weereens het Afrika ons nie teleurgestel nie, dis nou sarkasties bedoel. Die pad was nog in aanbou. Die idee wat ek gekry het, is dat indien die pad klaar is moet die Chinese ook seker uit die land uit, dis hoekom hulle seker die proses so lank uitrek. Gelukkig werk hulle net aan die eerste 90km van die pad Lusaka toe, die res van die pad behalwe die stukkie voor Lusaka is in 'n goeie kondisie.
Op die pad na Lusaka, besig om iets te eet.
In Lusaka maak ons die voertuie vol brandstof en gaan doen ook inkopies by die groot winkel sentrum aan die buitewyke van Lusaka op die pad na South Luangwa.

By die Pioneer kamp, is dit net ons groep en nog 'n oorsese paartjie met hulle Overlander trok. Die aand gaan praat ons met die bar man wat die pad tussen Chipata en Lusaka onlangs gery het oor die kondisie van pad en hoe lank dit sal neem om te ry tot by South Luangwa. Ons hoor dat die pad volgens hom tot by Chipata in nie 'n slegte kondisie is nie, maar dat die stuk vanaf Chipata tot by Mfuwe 'n grondpad is, en maar swak is. Hulle is bleikbaar ook besig om te bou aan die pad. Ons besluit om maar eerder vroeg in die pad te spring, ons wil by die groot brug oor die Luangwa rivier ook nog stop.

No comments:

Post a Comment