Monday, June 14, 2010

Dag 4, Livingstone

Dit sal vandag ons 3de keer wees wat ek en Yvette die geleentheid gaan hê om Vic Falls te besoek. Ons moet dit waardeer, daar is mense wat baie graag dit wil kom sien maar nie die vermoë of tyd het nie.

Vanoggend gaan ons rustig opstaan en ontbyt maak. Ons gaan eers weer die kans kry vir ordentlike ontbyt by South Luangwa. Eiers, bacon, worsies, uie en tamaties is op die menu.

Na ontbyt ry ons almal na Vic Falls toe. Die vorige keer het ek nie saam met die groep oor die brug aan die Zambië kant van die valle wat van die uitkykpunte verbind gestap nie. Ek het maar alle moed bymekaar gemaak en dit gedoen. Die missproei was maar orals, maar ons het ons kameras in plastiek sakkies gesit om darem nie te nat te word nie. Ons self het maar nat geword, gelukkig droog 'n mens vinnig uit. Vir Janine en Roxi wat die valle vir die eerste keer gesien het was dit 'n baie besonderse ondervinding.
Albertse gesin, Vic Falls, Livingstone
Van Schalkwyk gesin, Vic Falls, Livingstone
Vic Falls, Livingstone
Yvette wil gaan swem in die valle.
Nadat ons die valle klaar besoek het gaan ruil ons Dollars na Kwatchas vir die volgende paar dae wat ons in Zambië gaan bly. Die naaste bank aan ons kamp was sommer by die eerste groot winkelsentrum, daar was ook 'n groot Spar om die nodig vars en nat voorrade aan te vul. Ons moes mos darem vir ons van die gesogte Zambië Mosi biere koop.

Die res van die dag het ons maar rustig verkeer, vir die volgende paar dae sal daar nie regtig ruskans wees nie.

No comments:

Post a Comment